Eredienste

Oggenddiens: 09h00 - in kerk
Of skakel direk in via YouTube
Volg die Bulletin vir die nuutste byeenkomste

YouTube-dienste:

Direkte inskakel via YouTube

Ontvang die Bulletin asook die skakel na die aanlyn oggenddiens op jou selfoon.
Elke Vrydag word die Bulletin uitgestuur en Sondagoggende die skakel na die erediens van daardie dag.
Indien jy dit nie reeds ontvang skakel asb met die kerkkantoor.

Alle dienste wat reeds opgeneem en uitgestuur is kan gesien word by: YouTube kanaal

Gasvryheidspan

'n Groep vrywilligers wat volgens ’n diensrooster Sondae diens doen by die eredienste. Hulle hooftaak is om lidmate en besoekers by die deure welkom te heet, die weeklikse Bulletin uit te deel en algemene navrae te beantwoord. Persone wat deel van die span is, het gemiddeld twee diensbeurte per kwartaal.

Persone wat belangstel om deel van die bediening te word, kan aanmeld by die kerkkantoor.

Musiek & Aanbiddingsgroep

Hierdie groep bestaan uit ʼn span vrywilligers wat heelhartig toegewyd is om die gemeente te lei in lofprysing en aanbidding deur hulle talente daarvoor te gee. Dit verg baie tyd en opoffering, maar dit is ʼn voorreg om die Here op die manier te kan dien. Oefeninge is tans elke Woensdagaand van 18h00 en sorg vir die musiek by alle dienste.
Die style wissel van tradisionele orrel tot kontemporêre, ligte orkes begeleiding.

Vir meer inligting en indien jy belangstel om betrokke te raak, kontak gerus die kerkkantoor.

Multimediaspan

Hierdie span is verantwoordelik vir alles wat gedurende ʼn erediens op die skerm(s) gebeur om 'n naatlose aanbiddingservaring te verseker. Dit sluit die predikante se preke met PowerPoint in, liedere se lirieke, afkondigings en selfs videomateriaal in. Ons oefen saam met die Musiek- en Aanbiddingsgroep op Donderdagaande van 19:00-21:00.

Ons is ook verantwoordelik vir die opneem van preke, duplisering en beskikbaarstelling daarvan. Ons werk op ʼn rotasie-basis afhangende van die hoeveelheid vrywilligers wat beskikbaar is.

Vir meer inligting of om betrokke te raak kontak gerus die kerkkantoor.

Kerkkantoor Tel: 021 919 4220
E-pos:
Tye: Ma-Vr 09h00 - 12h00
Eredienste Sondae om 09h00
Adres 17 Mountainviewrylaan,
Ridgeworth, Kaapstad, 7530