Multi-Media bediening

Hierdie span is verantwoordelik vir alles wat gedurende ʼn erediens op die skerm(s) gebeur om ʼn naatlose aanbiddingservaring te verseker. Dit sluit die predikante se preke met PowerPoint in, liedere se lirieke, afkondigings en selfs videomateriaal in. Ons oefen saam met die Musiek- en Aanbiddingsgroep op Donderdagaande van 19:00 tot 21:00. Ons is ook verantwoordelik vir die opneem van preke, duplisering en beskikbaarstelling daarvan. Ons werk op ʼn rotasie-basis afhangende van die hoeveelheid vrywilligers wat beskikbaar is.Vir meer inligting kontak gerus die kerkkantoor.

 

Kontak kerkkantoor vir meer informasie.