Musiek- en Aanbiddingsgroep

Hierdie groep bestaan uit ʼn span vrywilligers wat heelhartig toegewyd is om die gemeente te lei in lofprysing en aanbidding deur hulle talente daarvoor te gee. Dit verg baie tyd en opoffering, maar dit is ʼn voorreg om die Here op die manier te kan dien. Oefeninge is tans elke Woensdagaand van 18:00 en sorg vir die musiek by alle dienste. Die style wissel van tradisionele orrel tot kontemporêre, ligte orkes begeleiding. Vir meer inligting en indien jy belangstel om betrokke te raak, kontak gerus die kerkkantoor.