SORG
Ons sorg op die volgende wyse:
- GEBLIKTE LIEFDE
'n Projek waar ons persone/gesinne met kospakkies ondersteun in tye van nood. Die kospakkies bestaan uit: blikkies kos (vleis, groente, vis, vrugte, konfyt), langlewe melk, rys, spaghetti, macaroni, 2 min noodles, koffie, tee, suiker, grondboontjiebotter, marmite, Cup-a-Soup. - TWEEDEHANDSE KLERE
Klere van alle ouderdomme word versprei aan behoeftiges. 'n Georganiseerde groep vrywilligers besoek tehuise vir seniors in die omgewing en neem soms 'n klein geskenkie saam. Skenkings is hier ook altyd welkom - jy kan dus help met:- Nie-bederfbare kos
- Tweedehandse klere
- Allerlei huisware
Skakel gerus in by hierdie aksie en deel in die vreugde om 'n ander se dag op te helder.
OMGEE
Is wat ons gemeente so spesiaal maak. Hou die bulletin vir verskeie geleenthede en projekte wat gereeld plaasvind.
SENIORS
Seniors is vir ons baie belangrik in die gemeente, daarom bewys ons liefde spesifiek aan ons seniors op verskillende maniere:
- NUTSWERKIES
Dringende werkies soos gordyne ophang en ander take wat te moeilik geword het kan op versoek gratis gedoen word. Kontak die Kerkkantoor. - SENIORS AKTIEF
Hierdie klub, spesiaal vir Seniors, kom gedurende die maand bymekaar vir 'n verskeidenheid van uitstappies, saam kuier en ander sosiale geleenthede. Een keer per kwartaal gaan ons iewers saam eet. Hou die Bulletin dop. Kom geniet 'n heerlike uitstappie saam met ander persone van dieselfde ouderdom in die gemeente en maak sommer nuwe vriende.
Jy word hartlik uitgenooi om by ons Sorg, Omgee en Senior Projekte in te skakel. Kontak gerus die kerkkantoor vir meer inligting.
Kerkkantoor
Tel: 021 919 4220
E-pos:
Tye: Ma-Vr 09h00 - 12h00 Eredienste Sondae om 09h00
Adres 17 Mountainviewrylaan,
Ridgeworth, Kaapstad, 7530
E-pos:
Tye: Ma-Vr 09h00 - 12h00 Eredienste Sondae om 09h00
Adres 17 Mountainviewrylaan,
Ridgeworth, Kaapstad, 7530