Jeug

Peuterkerk

Hierdie bediening is vir ons klein maatjies vanaf 2-5 jaar.
Elke Sondag in die skoolkwartaal in die Kleuterskool klaskamer by die Vistenk. Die maatjies kry 'n lessie en aktiwiteit in 'n veilige omgewing terwyl mamma en pappa die erediens bywoon.

Junior Kategese

Graad 1-6 (uitsluitende Gr 5) maats is welkom om by ons junior kategese program aan te sluit. Ons byeenkomste is elke Sondag 09:15 - 10:00 tydens skoolkwartale. (Huidiglik 09:00-10:00 agv die inperkingsregulasies). Ons gebruik ons Odos - 'n omvattende, interaktiewe reeks Sondagskoolmateriaal wat die Bybel en die wonderlike stories daarin stap vir stap aan kinders leer.
Elke reeks bestaan uit 'n kinderboek - met opwindende kaarte, plakkers of versamelkaarte; 'n onderwyswershandleiding en opleiding; ouerhulp; Odos-toep en Odos-video's.
Volledige program van lesse en datums is by die kerkkantoor beskikbaar.

EEIII

Graad 5 maats volg die baie spesiale Evangelisasie-eksplosie-program wat 'n bediening is waar kinders opgelei word om hul geloof in Christus te deel en om mense van ongeloof tot geloof te bring.
Hierdie interaktiewe program is spesiaal ontwerp vir hierdie ouderdomsgroep kinders. Elke 2 de Sondag vanaf 09:00-11:00. Hou die bulletin dop vir die rooster.

Senior Kategese

Graad 7-11 maats kuier saam Sondae vanaf 18:00 - 18:45. Ons vooraf kuiergeleentheid kan weens die inperkingsregulasies en ter wille van veiligheid nie nou eers plaasvind. Tans behandel ons die boek Omarm deur God van Bybelmedia. Volledige program van lesse en datums is by die kerkkantoor beskikbaar.
Indien jy betrokke wil raak by enige van die Jeugbedieninge in ons gemeente kontak asb die Kerkkantoor.

Belydenis van Geloof

Hierdie geskiet gewoonlik in 'n leerder se graad 11 jaar. Ds Louis Minnaar is tans die leraar wat hierdie jaar saam met hulle deurloop en hulle voorberei en lei tot geloofsbelydenis. Die geskeduleerde geleentheid word gewoonlik die 2de Sondag in November aangebied. Ander geleenthede vir volwasse lidmate wat graag ook belydenis van geloof wil aflê, wat dit nie as kind gedoen het nie, is welkom om hom direk te skakel.

Kerkkantoor Tel: 021 919 4220
E-pos:
Tye: Ma-Vr 09h00 - 12h00
Eredienste Sondae om 09h00
Adres 17 Mountainviewrylaan,
Ridgeworth, Kaapstad, 7530