Jeug

Kleuterkerk

Hierdie bediening is vir ons klein maatjies vanaf 2-5 jaar.
Elke Sondag in die skoolkwartaal in die Kleuterskool klaskamer by die Vistenk. Die maatjies kry 'n lessie en aktiwiteit in 'n veilige omgewing terwyl mamma en pappa die erediens bywoon.

Junior Kategese

Graad 1-6 maats is welkom om by ons junior kategese program aan te sluit. Kinders woon oggenddiens by en verdaag, ná die familiemoment met Wollie, na hul kategeselokale tot 10:15.

Ons gebruik ons Odos - 'n omvattende, interaktiewe reeks Sondagskoolmateriaal wat die Bybel en die wonderlike stories daarin stap vir stap aan kinders leer.
Elke reeks bestaan uit 'n kinderboek - met opwindende kaarte, plakkers of versamelkaarte; 'n onderwyswershandleiding en opleiding; ouerhulp; Odos-toep en Odos-video's.
Volledige program van lesse en datums is by die kerkkantoor beskikbaar.

Senior Kategese

Graad 7-11 maats kuier saam Sondae vanaf 18:00 - 18:45.
Indien jy betrokke wil raak by enige van die Jeugbedieninge in ons gemeente kontak asb die Kerkkantoor.

Belydenis van Geloof

Hierdie geskiet gewoonlik in 'n leerder se graad 11 jaar. Die geskeduleerde geleentheid word gewoonlik die 2de Sondag in November aangebied. Ander geleenthede vir volwasse lidmate wat graag ook belydenis van geloof wil aflê, wat dit nie as kind gedoen het nie, is welkom om hom direk te skakel.

Kerkkantoor Tel: 021 919 4220
E-pos:
Tye: Ma-Vr 09h00 - 12h00
Eredienste Sondae om 09h00
Adres 17 Mountainviewrylaan,
Ridgeworth, Kaapstad, 7530