Uitreike

Merweville Jeuguitreik

Gedurende die Junie/Julie skoolvakansie vind daar ‘n jeuguitreik na Merweville plaas.

Plaasbediening

Bellville - Uitsig N.G. Kerk is betrokke by n uitreikaksie op die plaas Klein Roosboom in die Durbanville landelike gebied. Diè aksie bestaan reeds sedert April 1992. Vier lidmate en die twee leraars van ons gemeente gaan op Sondae die erediens op die plaas hou vir plaaswerkers wat op Klein Roosboom woon en werk. Daar woon gemiddeld 15 - 20 llidmate die eredenste op n gereelde basis by.

Kinders van voorskoolse ouderdom af is ook betrokke by die dienste. Ons gebruik ‘n doelgerigte lokaal wat goedgunstelik deur die eienaar van die plaas aan ons beskikbaar gestel is. Ons het goeie skakeling met ds Karien Muller, voltydse leraar van Durbanville VGK in wie se gemeentegrens die plaas val. Bellville - Uitsig se jeug onderneem skakelaksies met die kinders op die plaas. Ons is ook betrokke by gereelde donasies ten opsigte van klere en kos. Ons sal dit verwelkom as mense wat bereid is om die eredienste waar te neem en andersins vir Andrè vd Merwe by 072 529 8029 kan kontak.

Gevangenisbediening - Johan Crous

Johan Crous (oud-gemeentelid) doen geestelike werk in die Departement van Korrektiewe Dienste in die Boland. Hy besoek die gevangenis vir volwasse mans te Malmesbury en die Hawekwa jeugsentrum, bied  Bybelstudie en Bybelkursusse aan en hou gereelde kerkdienste op Sondae. Baie gevangenes het ʼn gebrek aan kennis, is ongeletterd en het nie hulle skoolloopbaan voltooi nie. Bende aktiwiteite is die grootste probleem. Johan rus hulle toe om hulle geloof in die gevangenis prakties te maak.
Kontak: Kerkkantoor 021-919 4220

Madagaskar - Wolf Cilliers

Wolf Cilliers hulle  bedien tans die Evangelie aan die mense van Madagaskar. Ons is saam met ander gemeentes betrokke by hierdie aksie.

Madagaskar is die vierde grootste eiland in die wêreld, sowat 400 km van die ooskus van Afrika. Armoede, ontoereikende infrastruktuur en dienste, siklone en politieke probleme het ʼn invloed op die ongeveer 14 miljoen bewoners van die eiland. Animisme en die aanbidding van voorvaders kom steeds wyd voor, terwyl Islam ook al lank beoefen word. Sowat 50% van die mense behoort tans aan kerke, maar baie aanbid nog hul voorvaders ook.

Wolf hulle werk saam met die Protestantse M.E.T.M. Kerk in die noordwestelike Mahajanga-provinsie en is betrokke by die opleiding van kerkleiers en die evangelisasie van veral die Sakalava-stam.
Kontak: Kerkkantoor 021-919 4220

Kerkkantoor Tel: 021 919 4220
E-pos:
Tye: Ma-Vr 09h00 - 12h00
Eredienste Sondae om 09h00
Adres 17 Mountainviewrylaan,
Ridgeworth, Kaapstad, 7530