Sorg en omgee

Sorg en Omgee

Ons liefdevolle betrokkenheid en ondersteuning aan mense in nood, is deel van die gemeente se kultuur. Hou die bulletin dop vir verskeie geleenthede en projekte wat gereeld plaasvind. Klere van alle ouderdomme word versprei aan behoeftiges. Skenkings is hier ook altyd welkom - jy kan dus help met:

  • Nie-bederfbare kos
  • Tweedehandse klere en skoene
  • Allerlei huisware

Ons fokus ook op vroeë kinderontwikkelling en bied ondersteuning aan Uitsig Kleuterskool waar vrywilligers op ‘n Woensdagmiddag vir ongeveer ‘n halfuur lank vir kinders stories lees. Kontak gerus die kerkkantoor indien jy hierby betrokke wil raak.

Kerkkantoor Tel: 021 919 4220
E-pos:
Tye: Ma-Vr 09h00 - 12h00
Eredienste Sondae om 09h00
Adres 17 Mountainviewrylaan,
Ridgeworth, Kaapstad, 7530