Die gemeente se werksaamhede is afhanklik van finansiële bydraes. Lidmate kan op die volgende maniere hul bydraes doen
- Elektroniese oorbetalings (EFT)
- Debietorder (word gereël by finansies in kerkkantoor)
- Koevertjies (maandeliks vir 12 maande) wat by die kerkkantoor uitgereik word op versoek
- SnapScan
Die gemeente het vier hoofbronne van inkomste: Maandelikse bydraes, tiendemaand bydraes, erediens kollektes en fondsinsamelings
Maandelikse bydraes
As gevolg van sekuriteitsoorwegings, en ook om bankkoste te spaar, word verkies dat maandelikse bydraes elektronies (per EFT) of per tjek gegee word. Bydraes per debietorder verseker dat die gemeente 'n konstante stroom fondse ontvang sodat verpligtinge nagekom kan word.
Indien u hiervan gebruik wil maak voltooi die debietorder vorm en besorg dit aan die kerkkantoor.
EFT oorbetaling kan gedoen word aan NGK Bellville-Uitsig, ABSA tjekrekening 1450 580 909, takkode 632005. Stuur die bewys van inbetaling aan . Gee asb. 'n aanduiding van jou wyk nommer of van die projek wat ondersteun word, sodat dit reg allokeer kan word.
Lidmate wat verkies om die maandelikse bydrae per koevert te gee, sal reël dit asb met die kerkkantoor. Besorg dit dan self Sondae terug deur dit in die Dankofferbussies by die deure te plaas.
Tiendemaand bydraes
In die gemeente is Mei-maand “tiendemaand”. ʼn Tiendemaand koevert word hiervoor uitgedeel of is ook by die deure beskikbaar. Hierdie koevert kan terugbesorg word soos wat lidmate se begroting dit toelaat. Die debietorder stelsel maak ook voorsiening vir ʼn tiende bydrae wat dan 1x per jaar van u gehef word op ʼn datum soos verkies.
Erediens kollektes
By eredienste word bank- en deurkollektes opgeneem. Die opbrengs van die deurkollektes word aangewend vir die Sinodale Aandeel wat maandeliks betaal moet word. Op die kalender word elke Sondag se instansie aangedui waarvoor die kollekte ingesamel word.
Fondsinsameling
Ons hou die volgende fondsinsamelings gedurende die jaar:
- Wintermark Junie/Julie;
- Basaar einde Augustus/begin September;
- Kersmark November / Desember.
Hierdie fondsinsamelings is nie net heerlike kuiergeleenthede nie, maar gee ook kans vir vrywilligers wat hulle dienste aanbied om te help. Indien jy belangstel om hiermee te help kontak asseblief die kerkkantoor.
Elektroniese betalings
Indien jy enige finansiële bydrae tot die gemeente wil maak kan jy gerus ‘n elektroniese oorplasing (EFT) doen.
Stuur die bewys van inbetaling aan .
Gee asb. ʼn aanduiding van jou wyk nommer of van die projek wat ondersteun word, sodat dit reg allokeer kan word.
Debietorder
Die debietorder vorm Is beskikbaar vir aflaai. Jy kan dit dan uitdruk, invul en onderteken. Daarna kan dit skandeer word en per e-pos na gestuur word.
Andersins kan jy dit ook in die kollektesak gooi of persoonlik aan die kerkkantoor besorg.
Bankbesonderhede
Rekenining naam: NGK Bellville-Uitsig
Rekeningnr: 1450 580 909 (Tjekrekening)
Tak: 632005, ABSA Sanbel
Verwysings vir debietorders en internetbetalings:
Maandelikse Offergawes, wyk nommer en besoekpunt bv. Wyk 001/254 en/of u voorletters en van.
Telefoon: 021 919 4220
SnapScan:
Jy is welkom om van SnapScan gebruik maak.