Oggenddiens:
09h00 - in kerk
Of skakel direk in via YouTube
Volg die Bulletin vir die nuutste byeenkomste
Alle dienste wat reeds opgeneem en uitgestuur is kan gesien word by: YouTube kanaal
Gasvryheidspan'n Groep vrywilligers wat volgens ’n diensrooster Sondae diens doen by die eredienste. Hulle hooftaak is om lidmate en besoekers by die deure welkom te heet, die weeklikse Bulletin uit te deel en algemene navrae te beantwoord. Persone wat deel van die span is, het gemiddeld twee diensbeurte per kwartaal.
Persone wat belangstel om deel van die bediening te word, kan aanmeld by die kerkkantoor.
Musiek & Aanbiddingsgroep
Hierdie groep bestaan uit ʼn span vrywilligers wat heelhartig toegewyd is om die gemeente te
lei in lofprysing en aanbidding deur hulle talente daarvoor te gee. Dit verg baie tyd en
opoffering, maar dit is ʼn voorreg om die Here op die manier te kan dien. Oefeninge is tans
elke Donderdagaand van 18h00 en sorg vir die musiek by alle dienste.
Die style wissel van tradisionele orrel tot kontemporêre, ligte orkes begeleiding.
Vir meer inligting en indien jy belangstel om betrokke te raak, kontak gerus die kerkkantoor.
MultimediaspanHierdie span is verantwoordelik vir alles wat gedurende ʼn erediens op die skerm(s) gebeur om 'n naatlose aanbiddingservaring te verseker. Dit sluit die predikante se preke met PowerPoint in, liedere se lirieke, afkondigings en selfs videomateriaal in. Ons oefen saam met die Musiek- en Aanbiddingsgroep op Donderdagaande vanaf 18:00.
Ons is ook verantwoordelik vir die opneem van preke, duplisering en beskikbaarstelling daarvan. Ons werk op ʼn rotasie-basis afhangende van die hoeveelheid vrywilligers wat beskikbaar is.
Vir meer inligting of om betrokke te raak kontak gerus die kerkkantoor.
E-pos:
Tye: Ma-Vr 09h00 - 12h00 Eredienste Sondae om 09h00
Adres 17 Mountainviewrylaan,
Ridgeworth, Kaapstad, 7530