Kersmark

Uitsig Kersmark

Gewoonlik middel November tot vroeg Desember

Ons Kersmark vind jaarliks plaas by ons kerkgebou te Mountainviewrylaan 17, Ridgeworth, Bellville.
Maandae - Vrydae 10:00 - 19:00 en Saterdae 09:00 - 16:00.

Die Kersmark is gerig op die verkoop van geskenke en veral Kersgeskenke - daarom poog ons om 'n wye verskeidenheid van bekostigbare artikels aan te bied. Koop jou unieke bekostigbare kersgeskenke hier, of kom bederf jouself met daardie ietsie spesiaals!

Ons beloof 'n aangename koopervaring met 'n fees van geskenke en iets vir elke smaak in ons breë, rolstoelvriendelike gange. Kuier saam in ons restaurant met smullekker etes en ander ligte geregte vir oud en jonk.

Kontak: 0828950227 / 0219194220

Kerkkantoor Tel: 021 919 4220
E-pos:
Tye: Ma-Vr 09h00 - 12h00
Eredienste Sondae om 09h00
Adres 17 Mountainviewrylaan,
Ridgeworth, Kaapstad, 7530